Katastrofe as skietstilstand in Libanon verbrokkel

Die jongste vyandighede tussen Israel en Hezbollah toets die grense van verlede week se reeds brose skietstilstand-ooreenkoms. Ure nadat Hezbollah Maandag twee mortiere na ‘n Israeliese militêre buitepos afgevuur het, het Israel sy grootste reeks lugaanvalle uitgevoer sedert die wapenstilstand in werking getree het. Filippo Grandi, vir VN se hoë kommissaris vir vlugtelinge sê ‘n ineenstorting van die skietstilstand sal katastrofies wees.