Katar onttrek as Gaza-bemiddelaar
Katar het onttrek as bemiddelaar in samesprekings oor ‘n skietstilstand en gyselaarvrylatings tussen Israel en Hamas. Die BBC berig dit het gebeur nadat senior Amerikaanse amptenare gesê het Washington sal nie langer die teenwoordigheid aanvaar van Hamas-verteenwoordigers in Katar nie. Hulle het die Palestynse groep beskuldig van die verwerping van nuwe voostelle vir ‘n einde aan die oorlog in Gaza. ‘n Diplomatieke bron sê Hamas se politieke kantoor in Doha “dien nie meer sy doel nie” weens ‘n “weiering om te goeder trou te onderhandel oor ‘n ooreenkoms”.