Kat vind merkwaardige pad terug na sy eienaar

‘n Kat is weer met sy eienaar in Skotland verenig na hy op ‘n olieboor aan die kus gevind is, vyf jaar na hy vermis geraak het. Werkers het die avontuurlike dier in ‘n skeepshouer ontdek en hy is per helikopter na die land geneem. Sy mikroskyfie is toe nagegaan en sy ware identiteit is as Dexter onthul. Hy het voorheen by ‘n Skotse tronk gebly waar die personeel hom “One-eyed Joe” genoem en hom kos en water gegee het.