Kartelgedrag met visvangregte-fooie ondersoek
Beweerde kartelgedrag onder verskeie eienaars en operateurs van vissersbote gaan deur die Namibiese Mededingingskommissie ondersoek word. Die houers van visvangregte het nie hul eie bote nie, en is afhanklik van boot-eienaars om hul kwota vis te vang, teen ‘n fooi. Van die operateurs sweer glo saam om die fooie vas te stel en weier om daaroor te onderhandel. Kosmos 94.1 Nuus het met Dina Gowases, korporatiewe kommunikasiepraktisyn by die Mededingingskommissie gepraat, wat meer deel.