Kartelfaksies saai chaos in Mexiko se Sinaloa-staat

Sowat 53 mense is dood en 51 ander word vermis in Mexiko se westelike Sinaloa-staat sedert faksies van die Sinaloa-kartel op 9 September ‘n bende oorlog begin het. Die faksies het stry gekry na ‘n leier, Ismael ‘El Mayo’ Zambada, deur ‘n senior lid van ‘n ander faksie, Los Chapitos, na die VSA onder valse voorwendsels geneem is en daar gearresteer is. Die staat se hoofstad Culiacan ervaar elke nag skietgevegte en skole, restaurante en winkels sluit vroeg.