Karibib-Usakos: Plaaslike kontrakteurs kry 25%

Die Duitse KfW-ontwikkelingsbank het 372,6 miljoen Namibiese dollar in ‘n lening beskikbaar gestel vir die rehabilitasie van die roete tussen Karibib en Usakos. Die tender vir die werk het onlangs reuse-reaksie uitgelok na dit aan die Chinese Zhong Mei Engineering-groep toegeken is. Die Namibiese Konstruksie-federasie het ‘n veldtog begin om werk aan plaaslike boukontrakteurs toe te ken, veral omdat die sektor steeds krimp. Vier plaaslike maatskappy is geken in die tender maar, dit is ‘n uiters klein deel van die werk. Volgens Thomas Feidieker van die Duitse ambassade in die hoofstad, is dit baie belangrik om plaaslike maatskappye in plaaslike tenders in te sluit. Hy sê die vier plaaslike maatskappy beslaan net meer as 25 persent van die totale waarde van die kontrak met 500 tydelike poste wat geskep is oor die 18 maande wat die konstruksie sal duur.