Karas-streekraad dank drie Swapo-raadslede af

Die Karas-streeksraad het by ‘n spesiale raadsvergadering drie Swapo Party-raadslede afgedank. Die LPM-gedomineerde raad se voorsitter, Joseph Isaacks, sê raadslede Lazarus Nangolo, Suzan Ndjaleka en Taimi Amakali was afwesig van raadsvergaderings sonder geldige redes en het met kwaadwillige opset die raad probeer saboteer. Hulle het na bewering geweier om vakante poste in die bestuurskomitee te vul, met die bedoeling om die raad te laat misluk. Isaack sê die drie het ook versuim om die ampseed af te lê en was oneerlik teenoor die kiesers.