Karas-streekraad se aansoek op 18 April aangehoor

Die Windhoekse hooggeregshof het gelas dat ‘n dringende aansoek deur drie raadslede wat by die Karas-streekraad afgedank is, deur ‘n gewone aansoek op 18 April vanjaar aangehoor word. Raadslede Lazarus Nangolo, Taimi Amakali, en Susan Ndjaleka is op 25 Januarie deur die raad se voorsitter, Joseph Isaacks, geskors weens verskeie beweerde oortredings. Die drie geskorste raadslede het op 2 Februarie deur hul prokureur Sisa Namandje ‘n dringende aansoek voor die hooggeregshof gebring waarin geëis word dat hulle met onmiddellike effek heraangestel word. Die streeksraad het dit teengestaan en ‘n skikking is toe bereik waarvolgens die lede se skorsing teruggetrek is.