Karas kla ook oor Nampol-kadette

Die aanstelling van die 1 000 kadette by Nampol bly in die nuus. Die sogenaamde Keetmanshoop Concerned-groep by monde van Innocent Mathys sê die 183 kandidate vir die Karas-streek wek kommer. Net 19,6 persent van die kandidate het vanne wat hulle as inboorlinge van die gebied beskryf met meer as 31 persent wie se posadresse nie in die streek is nie. Die groep eis dat luitenant-generaal Joseph Shikongo voor 2 Junie die streek besoek en die kriteria vir die kortlys verduidelik sowel as hoe 57 van die 183 kandidate nie van posadresse in die streek beskik nie. Die groep eis dat ‘n minimum van 67 persent van die kortlys vir Karas inboorlinge van die streek moet wees.