Karas-goewerneur sê streeksraad steek sy besteding weg

Die Karas-streeksgoewerneur Aletha Fredericks sê in haar staatsrede dat haar versoek vir ‘n spesiale raadsvergadering met die streeksraad is vir die derde agtereenvolgende jaar sonder verduideliking geweier. Sy sê die raad poog om sy besteding van ontwikkelingsfondse, te versteek. Fredericks het vandag haar streeksrede gelewer.