Kapofi sê sy troepe staan reg vir veldbrande

Die Namibiese minister van verdediging Frans Kapofi sê sy troepe staan gereed om gemeenskappe by te staan in die geval van veldbrande. Die weermag het verlede jaar onder skoot gekom tydens die reuse-Karasburg brande maar het toe later ingespring en boere bygestaan. Vanjaar het minder reën voorgekom en dit is nog meer belangrik om die weiding wat daar wel is, te beskerm. Kapofi sê die weermag is een oproep ver.