Kapings kniehalter Kaapstad om paaie te herstel

Die Stad Kaapstad sê bewerings dat die stad versoeke ignoreer om vervalle paaie in sekere dele van Kaapstad te herstel, is onwaar. Die afpersings en ander misdadige bedrywighede soos kapings en gewapende rooftogte in sommige gebiede beïnvloed die spoedige rehabilitasie van paaie. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Beweeglikheid, Rob Quintas, sê die agteruitgang van die paaie en die vorming van slaggate in die winter is ‘n algemene gebeurtenis aangesien dit regstreeks verband hou met swaar reënval.