Kapia fouteer, dis nie Netumbo se styl nie – kenner

Die Swapo-koerant Namibia Today sal binnekort weer uitgegee word. Media-kenners is egter bekommerd oor uitsprake deur Paulus Kapia dat kritici van die party tot in hul slaapkamers geteiken sal word. Hulle sê dit is uiters kommerwekkend dat die regerende party media sal misbruik vir propaganda en ook moontlik die vrywillige media-etiekkode sal oortree. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Graham Hopwood, die direkteur van die Openbare Beleidsnavorsingsinstituut, wat sê dit sal ‘n verrassing wees as dit so gebeur, want dit is nie Swapo visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah se styl nie.