Kapenaars staan op teen 20,5% karg-verhoging

Altesaam 30 675 Kapenaars het ‘n griefskrif teen hoër Eskom-tariewe onderteken. Die burgemeester van Kaapstad, Geordhin Hill-Lewis, het dit by ‘n vergadering van die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika ter tafel gelê. Hill-Lewis het ook ‘n mondelinge voorlegging gedoen teen die aansoek om die elektrisiteitsprys in die 2022-2023-boekjaar met 20,5 persent te verhoog. Hy het ‘n beroep op Nersa gedoen om nie die haglike ekonomiese werklikhede te onderskat nie: