Kapenaars spaar mooi water

Die Stad Kaapstad sê hy is tevrede om te sien watergebruik het die afgelope tyd aansienlik gedaal. Dit was Maandag die eerste keer sedert die somer se hoogtepunt minder as 850-miljoen liter. Dit is die teiken wat vir die publiek gestel word om te verseker damme en reservoirs bly langer vol. Die stad se waarnemende burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Siseko Mbandezi, sê damvlakke het die afgelope twee maande weekliks met sowat twee-persent gedaal: