Kapenaars moenie te gerus wees met damvlakke wat goed vertoon nie
Die premier van die Wes-Kaap Alan Winde sê watersekerheid is nie gewaarborg nie, al loop die damme van die Stad Kaapstad oor. In sy provinsiale rede het Winde beklemtoon vol damme kan ‘n vals gevoel van gerustheid skep. Hy moedig inwoners aan om steeds water oordeelkundig te gebruik, en beklemtoon die onvoorspelbaarheid van reënvalpatrone weens klimaatsverandering: