Kankervereniging voed gemeenskappe op

Meer as 500 Namibiese vroue word gemiddeld jaarliks met ‘n vorm van borskanker gediagnoseer. Om hierdie uitdaging plaaslik aan te spreek, span die Kankervereniging van Namibië en Roche Pharmaceuticals saam in September en Oktober om ‘n reeks opvoedkundige veldtogte, gratis borsklinieke en ‘n interdissiplinêre werkswinkel aan te bied. Borskanker is die mees algemene kanker in Namibië, wat vroue van alle ouderdomme en uiteenlopende agtergronde affekteer. Dit onderstreep die behoefte aan wydverspreide bewusmaking en proaktiewe maatreëls. ‘n Gratis borsondersoekveldtog word tot 16 September in Windhoek, Walvisbaai, Otjiwarongo en Tsumeb gehou.