Kankervereniging sê anonieme stemgreep is snert, en gevaarlik
Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kankervereniging Rolf Hansen het met skok gereageer op ‘n anonieme stemgreep wat die rondes op sosiale media doen…
Hy sê nie die vereniging, nóg die Nasionale Kankerregister, het data wat enigsin korreleer met die inligting in die boodskap nie en dat hulle hul van hierdie boodskap distansieer. Hierdie oënskynlike data is aan niemand voorgehou nie en die feite is nie nagegaan nie. Die stemgreep insinueer dat die boodskapper-RNS entstowwe, soos met Covid, die kankergevalle veroorsaak.