Kankergevalle styg, meeste in myndorpe: CAN
Die Kankervereniging van Namibië, CAN, onthul in ‘n verslag ‘n kommerwekkende jaarlikse toename in nuwe kankerdiagnose. Volgens die vereniging se kankerregistrateur en pasiënt-ondersteuningsbeampte, Tareeku Tjiriange, word nagenoeg 3 500 gevalle jaarliks in Namibië aangeteken. Die afgelope twee jaar is daar 4 876 pasiënte vir verskeie soorte kanker opgeneem. Tjiriange het aan die NBC gesê die gevalle kom die meeste voor in myndorpe.