Kanker-span op pad na sentrale gemeenskappe

Die Kankervereniging van Namibië herinner gemeenskappe van sentraal-Namibië daaraan dat “Team CAN op pad is”. Die Nasionale Kankeruitreikprogram wat deur die jaarlikse Bank Windhoek Kanker Appelprojek ondersteun word, besoek Okahandja, Otjiwarongo, Outjo en Khorixas hierdie week. Kosmos 94.1 Nuus het met Rolf Hansen van die Kankervereniging gesels oor die belangrikheid van die uitreikprogram.