Kandjeke se kantoor moet 150 verslae die boekjaar voltooi

Die kantoor van die ouditeur-generaal  moet meer as 150 ouditverslae vir die 2023-2024 boekjaar voltooi. Dit sluit in 33 regerings ouditverslae, 73 streeks- en plaaslike owerhede se sake en 33 bate-inspeksies. Twaalf gespesialiseerde ouditverslae word ook beplan wat prestasieverslae, die omgewing, en nakomingsverslae insluit. Die kantoor het 105 verslae vir die 2022-2023 boekjaar voltooi. Daar is steeds uitdagings met die tydsame indiening van finansiële state, veral omdat daar nie kapasiteit is in baie van die regeringsentiteite nie.