Kandjeke ongelukkig met ACC se boeke

Die ouditeur-generaal het bevind dat die Teenkorrupsie-kommissie ongemagtigde uitgawes van amper 90 000 Namibiese dollar aangegaan het. Junias Kandjeke het dit bekend gemaak in die oudit van 2022-23. Kandjeke sê dit wek kommer omdat die kommissie die Staatsfinansies-wetgewing oortree het. Hy het aangeraai dat die kommissie se boekhouers meer beheer oor besteding uitoefen. Ontleders meen omdat die kommissie die waghond vir korrupsie is, moes hy die besteding aangemeld het voor die ouditeur-generaal dit gevind het.