Kanadese tiener verbeter eie wêreldrekord by Olimpiese proewe
Swem: Die Kanadese tiener, Summer McIntosh, het ‘n waarskuwing aan haar Olimpiese teenstanders gestuur toe sy haar eie wêreldrekord in die 400-meter individuele wisselslag verbeter het. Die 17-jarige het tydens haar land se Olimpiese proewe ‘n tyd van vier-minute-24,38-sekondes opgestel. Sy het vroeër ook die 400- en 200-meter vryslag gewen. McIntosh sal later vanjaar in Parys aan haar tweede Olimpiese Spele deelneem waar sy te staan sal kom teen die legendariese Amerikaner, Katie Ledecky, en die dubbele Olimpiese kampioen van Australië, Ariarne Titmus.