Kanada vra sy burgers om uit Libanon pad te gee

Kanada het sy burgers versoek om uit Libanon pad te gee terwyl hulle nog kan, en waarsku die gevaar van geweld tussen Israel en Hizbolla in die gebied neem toe. Kanada se minister van Buitelandse Sake, Melanie Joly, vra haar landgenote in ‘n verklaring om Libanon te verlaat terwyl handelsvlugte nog nie geraak word nie. Joly sê die veiligheidsituasie in Libanon raak toenemend plofbaar en onvoorspelbaar weens volgehoue en en toenemende geweld tussen Hizbollah en Israel. Sy waarsku die situasie kan sonder waarskuwing versleg.