Kanada se eerste somerbrande begin

Die seisoen se eerste groot veldbrande het na ongeveer 10 000 hektaar oor Wes-Kanada versprei, en owerhede het ‘n ontruimingsbevel vir gemeenskappe in Brits-Columbië uitgereik. Daar is ook waarskuwings teen swak luggehalte. Rob Fraser, burgemeester van die Northern Rockies-streeksmunisipaliteit in die gebied, het in ‘n TV-onderhoud gesê die meeste van die 3 500 inwoners in en om Fort Nelson is ontruim. Fort Nelson First Nation, het ook ‘n ontruimingsbevel uitgereik vir Fontas, ‘n inheemse gemeenskap. Oorkant die grens in Alberta is inwoners van Fort McMurray, wat in 2016 groot skade weens veldbrande opgedoen het, gevra om voor te berei om te vertrek.