Kanada las soektog af ná voorwerp afgeskiet is
Die Kanadese berede polisie het sy soektog beëindig na ‘n ongeïdentifseerde voorwerp wat oor die sentrale gebied van Yukon afgeskiet is. Hulle het die gebied met die hoogste waarskynlikheid deursoek, maar kon die voorwerp nie vind nie. Die polisie sê die sneeuval maak dit ook toenemend onwaarskynlik dat die voorwerp gevind sal word nie. Hulle glo ook nie daar is redes vir buitengewone kommer nie. Die Kanadese minister van verdediging, Anita Anand, sê die voorwerp is potensieel soortgelyk aan die Chinese ballon wat in die VSA afgeskiet is.