‘Kamushady’ se SME Bank-saak in2025 aangehoor
Datums is vanoggend bepaal in die plundery van die SME Bank. Die likwidateurs dagvaar Enok Kamushinda, ‘n Zimbabwiese bankier vir 247 miljoen Namibiese dollar en sê hy was die meesterbrein van die ineenstorting van die bank. Die saak is neergelê van 26 Maart tot 4 April volgende jaar. Kamushinda, se rekord oor die algemeen is nie skoon nie en hy word in sy geboorteland, Kamushady genoem. Hy het Namibië in 2017 verlaat kort na die sentrale bank by die SME Bank, wat hy gehelp stig het, ingegryp het. Hy het intussen 3 miljoen Namibiese dollar terugbetaal en misluk in ‘n appèl in die hooggeregshof teen die vervolging met ‘n volbank regters wat inteendeel aanbeveel het dat kriminele klagte teen hom ondersoek moet word.