Kampioeneliga-T20 keer dalk terug, na 10 jaar

Krieket: Daar’s ‘n goeie kans die Kampioeneliga-T20 kan herleef na ‘n afwesigheid van tien jaar. Dit volg op aktiewe gesprekke tussen die beheerliggame van Australië, Engeland en Indië. Die uitvoerende hoof van Krieket Victoria in Australië, Nick Cummins, sê die kompetisie was sy tyd vooruit, maar het nou genoeg ontwikkel om terug te keer. Hulle probeer net ‘n tydgleuf kry in die baie besige internasionale skedule. Die liga is jaarliks gespeel van 2009 tot 2014, met tien konsessies van verskeie lande wat deelgeneem het.