Kamer vra Cyril om regeringsdoeltreffendheid voorop te stel

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om regeringsdoeltreffendheid voorop te stel in vanaand se staatsrede in die Kaapstadse stadsaal. Die kamer se uitvoerende hoof, Alan Mukoki, beklemtoon die noodsaaklikheid dat die president sleutelkwessies moet aanpak. Hy noem dit as die verbetering van die swak ekonomie, die uitwissing van beurtkrag, die vermindering van werkloosheid en die verbetering van nasionale hawens vir gladder invoer- en uitvoerprosesse.