Kamer van Mynwese: Sluiting van B2Gold Otjikoto-myn onvermydelik

Die Kamer van Mynwese van Namibië sê dit is jammer dat die Kanadese mynmaatskappy B2Gold sy Otjikoto-goudmyn gaan sluit, maar dit is onvermydelik. B2Gold sê in ‘n mediaverklaring afskaling van bedrywighede in fases, in ooreenstemming met die sluitingsplan, is eers geskeduleer om te begin in die eerste kwartaal van 2024. Hy sê die myn het alternatiewe opsies vir aflegging oorweeg, maar gegewe die lewensduur van die myn is dit egter nie lewensvatbaar en volhoubaar nie. Die afleggingsbeleid en -kriteria is tans nie beskikbaar nie, aangesien konsultasies met die Mynwerkers-unie van Namibië nie afgehandel is nie. Die my is tussen Otjiwarongo en Otavi geleë. Veston Malango, hoof uitvoerende beampte van die kamer het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat..