Kambala: Aktiviste moes nie gearresteer word

‘n Namibiese aktivis het sy reaksie gegee oor Michael Amushelelo, Dimbulukeni Nauyoma en PDM-parlementslid Inna Hengari wat tot 29 Maart in aanhouding moet bly. Hulle het vanmiddag in die Windhoekse landdroshof in Katutura voor landdros Linus Samuzala verskyn. Hul regsverteenwoordigers sal egter môre ‘n formele borgtogaansoek indien. Aktivis George Kambala sê aan Kosmos 94.1 Nuus die drie is op pad huis toe op Onafhanklikheidsdag gearresteer.