Kamala loop effe voor 

Die Amerikaanse visepresident en Demokratiese presidentskandidaat, Kamala Harris het ‘n noue voorsprong van 51-persent onder nasionale waarskynlike kiesers teenoor oudpresident en Republikeinse kandidaat, Donald Trump se 47-persent. Dit is volgens die jongste ABC News/Ipsos-meningsopname. Dit dui daarop Harris se ondersteuners is meer geneig om op te daag, met die verdeling onder geregistreerde kiesers op 49-persent vir Harris en 47-persent vir Trump. Kwessies van belang onder geregistreerde kiesers sluit in die ekonomie, misdaad en veiligheid, immigrasie, aborsie en die Midde-Oosterse-konflik.