Kamala Harris onderbreek veldtog weens orkaan-verwoesting

Amerikaanse visepresident Kamala Harris het haar verkiesingsveldtog onderbreek en teruggekeer na Washington, weens die verwoestende orkaan Helene. Ten minste 116 mense is dood tydens die aanslag, onder meer in oorstromings en modderstortings. Reddingspogings duur voort en die dodetal kan styg, volgens amptenare. Harris het in Washington gepraat met federale reddingswerkers.