Kamala die gunsteling indien Joe opsy staan

Die visepresident Kamala Harris is na wat berig word die top-alternatief as Demokratiese presidensiële kandidaat sou Joe Biden besluit om nie vir herverkiesing te staan nie. Die moontlikheid word bespreek na die 81-jarige Biden se rampspoedige eerste verkiesingsdebat teen sy voorganger Donald Trump. Sy deelname is beskryf as stamelend en soms onsamehangend. Senior bronne sê Harris is die voorkeurkandidaat onder Demokrate wat bekommerd is Biden is dalk nie in staat tot ‘n tweede termyn nie. Reuters berig sy is reeds gekeur vir nasionale diens en het die Republikeine se intensiewe beoordeling oorleef.