Kallie is nou rondloperkat

Die Cheetah Outreach Trust in die buurland sê ‘n jagluiperd-mannetjie wat met behulp van boere in die Van Zylsrus-omgewing in die Noord-Kaap langs die pad gered is, se tydelike verblyf by die Ashia-jagluiperdbewaringsprojek was ‘n sukses. Kallie, soos hy nou bekend staan, is intussen deur die trust in die Moditlo Privaat Wildreservaat naby Hoedspruit in Limpopo hervestig. ‘n Woordvoerder, Deon Cilliers, sê Kallie kan nou vry rondbeweeg in die reservaat: