Kalkveld-huise deur Cenored geëlektrifiseer

Cenored het sy elektrifiseringsprojek by die Kalkfeld-nedersetting van stapel gestuur. Met die projek sal huise gebou word onder die Shack Dwellers-federasie wat binne die volgende ses maande geëlektrifiseer word. Volgens Moses Matyayi, die voorsitter van die Cenored-raad, sê die elektrifiseringsprojek is daarop gemik om 100 huishoudings by Kalkfeld te bevoordeel teen ‘n koste van 2,5 miljoen Namibiese dollar. Hy het onderneem dat die projek teen einde September voltooi sal wees. Hy voeg by dat ‘n verdere 500 huishoudings in die Otjozondjupa-, Kunene-, Omaheke-, Oshikoto- en gedeeltelik Omaheke-streke geëlektrifiseer sal word.