Kalimbeza wag steeds vir N$8m wat in Maart belowe is

Die Kalimbeza-rysprojek sukkel steeds, dit na daar op Onafhanklikheidsdag 8 miljoen Namibiese dollar aan die projek bewillig is deur president Nangolo Mbumba. Die projekbestuurder Patrick Kompeli sê daar is nie genoeg geld om toerusting te koop nie en dat daardie fondse hulle nog nie bereik het nie. Volgens Kompeli is dit geld steeds by die ministerie. Daar is net vier trekkers wat werk en een oesmasjien. Ten spyte hiervan is 33 hektaar aangeplant. Die projek is reeds in 2009 van stapel gestuur maar gaan jaar op jaar gebuk onder uitdagings.