Kalahari-spoorprojek lamgelê, daar’s nie geld nie
Die Trans-Kalahari-spoorlyn, wat sedert 2011 beplan word, is steeds lamgelê oor ‘n tekort aan befondsing en, volgens TransNamib, die regte vennoot vir die projek. Die begroting beloop ongeveer 9.5 miljard Namibiese dollar en daar is talle male datums aangekondig vir die begin van die konstruksie maar, tot op hede, staan die projek stil. Die 1 500-kilometer spoorlyn sal Botswana se natuurlike hulpbronne aan Namport verbind met ‘n droëhawe wat op Gobabis gevestig is. Op die oomblik word van Botswana se steenkool en meer per vragmotor tot in Gobabis vervoer en word dan deur TransNamib tot op Walvisbaai vervoer.