Kagame vat (weer) 99% van die stemme
President Paul Kagame het 99 persent van die stemme in die voorlopige uitslae van Maandag se presidensiële verkiesing in Rwanda gewen, ‘n uitkoms wat wyd verwag is. Die land se verkiesingsowerheid sê sy teenstanders – Frank Habineza van die Demokratiese Groen Party van Rwanda en die onafhanklike kandidaat Philippe Mpayimana – het gesamentlik minder as 1 persent van die stemme op hulle verenig. Amper 80 persent van die stemme is getel. Die uitslag weerspieël die uitslag in 2017, toe Kagame byna 99 persent van die stemme gekry het. Finale uitslae word teen 27 Julie verwag.