Kaderontplooiing lê dienslewering lam in SA

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder Ongama Mtimka sê kaderontplooiing het ‘n verlammende uitwerking op dienslewering. Die ANC wil die Konstitusionele Hof nader om te keer dat hy gedwing word om sy kaderontplooiingsrekords aan die DA bekend te maak. Dit volg nadat die Appèlhof verlede week die ANC se aansoek om teen ‘n besluit van die Hooggeregshof te appelleer, van die hand gewys het. Mtimka sê die DA wil wys die ANC was deel van staatskaping: