Kaderontplooiing kelder Gauteng se gesondheidstelsel

Die DA in Gauteng sê alle uitvoerende hoofde van hospitale se bevoegdheid moet hersien word en nuwe aanstellings moet aan streng vereistes voldoen. Dit volg na die gesondheidsombud se verdoemende verslag oor die Rahima Moosa Moeder-en-kind-hospitaal. Die verslag het bevind bevoegdheidstoetse is geïgnoreer toe aanstellings by die hospitaal gemaak is. Dit sluit dié van die uitvoerende hoof, Nozuko Mkabayi, in. Jack Bloom van die DA sê die werklikheid is dat kaderontplooiing oral in die Departement van Gesondheid se senior poste plaasgevind het: