Kabinet moenie uitvoerende hoofde aanstel: IPPR

Die Tender Bulletin berig dat die Sentrale Verkrygingsraad uitdagings beleef in sy rol om toesig te hou oor openbare sektor-tenders. Dit word dikwels oorgesien ten gunste van ander entiteite vir hoëwaarde-kontrakte. In die fiskale jaar 2023/2024 het hy kontrakte van slegs 8 miljard Namibiese dollar toegeken. Die aanstelling van Lucia Kazetjikuria as direkteur van die raad het ook omstredenheid ontlok. Kritici beweer dit is ‘n voorbeeld van staatskaping, waar politieke figure onbehoorlike invloed op openbare instellings uitoefen. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, IPPR, sê die kabinet moet nie betrokke wees by die aanstelling van die raad se uitvoerende hoof nie. Die instituut se navorser Frederico Links lewer kommentaar.