Kabinet-inmenging ‘ondermyn Sentrale Verkrygingsraad-raad’
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê die Kabinet behoort nie betrokke te wees by die aanstelling van die uitvoerende hoof van die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië nie. IPPR-navorser Frederico Links sê die onlangse aanstellingsproses was vasgevang in politieke inmenging, wat die onafhanklikheid van die raad in die gedrang bring. Links het gepraat by die bekendstelling van die Procurement Tracker Namibia 24, getiteld: “Data Deficit Undermines Governance And Oversight” in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met Links gepraat, wat verduidelik.