Kabelkar val in Colombië

Minstens een persoon is dood en 20 ander beseer toe ʼn kabelkar in Colombië neergestort het. Die kabelkar in Medellin het onklaar geraak en op ʼn sypaadjie langs ʼn stasie-perron geval. Daar was tien mense aan boord toe dit neerstort. Dis nog onseker of die 55-jarige man wat aan talle beserings dood is, in die kar of op die grond was. Beseerdes het mediese behandeling en sielkundige ondersteuning ontvang. Die Metrocable is ʼn gondel-hysstelsel wat vervoer bied in sommige van Medellin se woonbuurte teen steil hellings.