Kaas van 2 600 jaar gelede in Egipte opgegrawe

Argeoloë het blokke antieke kaas by die Saqqara-nekropool in Egipte ontdek wat sowat 2 600 jaar terugdateer. Die kaas, wat navorsers as halloumi geïdentifiseer het, is in potte gevind tydens ‘n nuwe rondte van opgrawings. Navorsers sê die kaas dateer uit die 26ste of 27ste Egiptiese dinastie, tussen 688 en 525 vC. Kaas is glo lank deel van die Egiptiese dieet, met bewyse van die maak van kaas wat 5 000 jaar terug dateer na Egipte se eerste dinastie. Verskeie ander artefakte met Demotiese skrif is ook gevind. Demostiese skrif is ‘n antieke Egiptiese skrif wat ook op die Rosetta-steen is. Ander houers is ook ontdek, maar moet nog oopgemaak word.