Kaartjies vir Paul McCartney verkoop binne ‘n uur uit

Kaartjies om die gewese Beatle, Paul McCartney, vandag by ‘n opwarmingskonsert vir die Glastonbury Fees in aksie te sien by die Cheese and Grain in Frome, Verenigde Koninkryk, het binne ‘n uur uitverkoop. Die kaartjies is voor die voet verkoop vir 488 Namibiese dollar elk. Cheese and Grain sê bewonderaars kan ‘n uitstekende optrede deur McCartney verwag. Die 80-jarige musikant sal Glastonbury se oudste solo-hoofkunstenaar wees wanneer hy môreaand op die verhoog stap. Hy het in 2004 laas by die fees opgetree.