Kaapstadse Modeweek is weer terug

Die Kaapstadse Modeweek begin vandag nadat dié modeskou vir twee jaar weens Covid-19 nie kon plaasvind nie. Vanjaar se geleentheid beklemtoon volhoubaarheid en sal ‘n ekspo met mode, kuns, ontwerp en kleinhandel insluit. Die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, sê die modebedryf speel ‘n beduidende rol in ekonomiese groei en skep werksgeleenthede.