Kaapstadse hawe soek ook privaat beleggers

Die Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, Mireille Wenger, verwelkom die nuus dat Transnet ʼn vennoot uit die privaat sektor bevestig het om landingshoof 2 by die Durbanse vraghouer-terminaal in KwaZulu-Natal te ontwikkel en opgradeer. Sy sê dis presies die soort belegging wat die departement by die Kaapstadse hawe voorsien. Wenger sê in die verlede was daar onder-besteding met groot kapitaal-uitgawes deur Transnet haweterminale in die Kaapstadse hawe, in die besonder met rubberband-kraanbane.