Kaapstadse hawe Afrika se beste passasierskiphawe

Die Kaapstadse hawe is op die Wêreld-reistoekennings aangewys as Afrika se voorste passasierskiphawe. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat die hawe dié toekenning ontvang. Die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê hierdie erkenning beklemtoon die hawe se toenemende bekendheid in die plesiervaartbedryf. Agt-en-tagtig skepe en sowat 130 000 passasiers word in die 2024/’25-seisoen verwag. Vos sê elke boot wat in die hawe aandoen, dra 100-miljoen Suid-Afrikaanse rand by tot die plaaslike ekonomie.