Kaapstad werk steeds aan watergehalte

Die Stad Kaapstad sê belegging in moderne laboratoriumtoerusting sal voortgaande toegang tot waterbronne van die hoogste standaard verseker. Die stad se tak vir wetenskaplike dienste is ʼn wêreldgehalte fasiliteit wat op die voorpunt is van navorsing oor lug- en watergehalte. Die burgmeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die stad het die afgelope paar jaar meer as 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan laboratoriumtoerusting bestee. Hy sê dit sluit instrumente in wat metale, sianiede, totaal organiese koolstof en die ontsmetting van byprodukte meet.